Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Geboorte in Bethlehem

Deur Datum gepubliseer: 23 November 2022 Hou van

Brons (884 woorde)
Op ‘n plaas so 50 km buite Bethlehem in Vrystaat word daar orals gewerfskaf vir die BethlehemFees wat oor die naweek plaasvind, net Maria moet dit eintlik so bietjie rustig vat. Sy het sover ‘n gesonde swangerskap gehad, maar met die dat haar tyd nou naby is,…

Ekwilibrium (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2022 3

Vanwaar ek aanskou
hoe jou inner-arend
verbete baklei
om te lewe
en te oorleef
in die lydende stryd
waanin jy
– sielsmorend –
gemartel word
spook en spartel
mý innerwese
(besete)
om te oorleef
en te bly leef
om jou
in ewewig te hou.

Liefplek (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 8 November 2022 2

Hoe lieflik is jy tog geknelde land
met jou witwarm son wat ‘n barshou kan brand
oor jou sandveld met ysterklip swart besproet
waar dorperskaap geil op jou geelgras voed

hoe beny ek jou wysheid, wil ek jou eer
vir dit wat jy my oor die lewe kon leer
as jy verskroeid en weerloos veerkragtig…

Winkeltjies om oor huis toe te skryf

Deur Datum gepubliseer: 7 November 2022 3

(woordtelling 1717)

So byna verstik ek aan my graanvlokkies toe die nuus breek dat daar ʼn moontlike R3 prysverhoging in die petrolprys gaan wees. Dit voel asof die nuusberig van iewers baie ver af aangesweef kom. My ore sing skielik te hard en terwyl ek en Hubby met groot oë…

Vergiftig

Deur Datum gepubliseer: 2 November 2022 4

Vergiftig

Wanneer die son weer skyn na swaar, grys dae waarin my geloof getoets is, kyk ek terug en kan maklik ‘n fout maak wat die onvermydelike volgende beproewing en my verhouding met God bitter moeilik maak. En dit in die tyd waar ek Hom die nodigste het. Hierdie gif…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 270 gaste aanlyn

Bydraes – Argief