Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Vergane gisters

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 13

papierdun skyfie van die maan
gooi seën ruim in bakhand uit
oor enkeling en ook vreemdeling
wat verlangend na Bowe staar
met gedagtes oor wat môre
weer padlangs sal baar

waar die strepiesmaan
dan skaam met ‘n rooi gesig
deur traan-swangerwolke loer…

Huisie vol vrede

Deur Datum gepubliseer: 10 Maart 2016 17

By haar huisie, in die Bosveld –
groei die mooiste spierwit roos,
wat haar elke dag herinner,
dat haar Skepper haar sal troos.

Langs die muurtjie, wieg Gesiggies –
soos hul knip-oog na die son,
klomp gekleurde vlinders fladder,
want haar Lente het gekom.

Op haar stoepie,…

Tango met my

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 11

Tango
met my
oor die reëls
van die liefde
dans met my
die genot
van die hart.

Tango
met my
oor jy
my liefhet
dans met my
op die ritme
van ons smart.

Los als agter
en kom
dans met my

Werp jou sorge
tot die dansvloer
van jou eer,
Laat ek jou
die tango
leer.

Tango
met my oor
die lied van ons liefde
oor die noot,
dans met my
my geliefde
op die ritme
dans ons sorge…

‘N BLIKKIE STERRE

Deur Datum gepubliseer: 7 Maart 2016 18

Gee vir my ‘n bakhand vol silver maanlig strale
gepluk uit die nag se vosperd maanhaar verby galoppie
geroskam deur die nag se wolke
en ek maak vir jou ‘n houvas blikkie sterre
omvleg met silver strale
totdat die son se wolwe kom skoor soek
en verlede nag…

Dwaas op dwaas

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 17

Dom dwase is volop
dis in hul spel en praat
maar die dwaas
van my gedig is
van ’n ander aard.

Engels is soms beter
dit weet ons goed
want die fool van liefde
se pil is bitter soet.

Dis…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 1 644 gaste aanlyn

Bydraes – Argief