Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Gedagtelose strande

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 14

In gedagtelose oomblikke
Poison Ivy jy
om die golwe in my brein

vat jy my hand
mosselskulp dit toe in joune

wys jy my
jou droomland se strand

vat my sagkens
om my middel
daar waar my rug
soepel buig

dan lei jy my
jou seestrome in
jy, my meerman
en ek, jou meermin.

Elkeen ‘n legkaart

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 9

Elkeen van ons, grys of in dons
besit glashelder voorbeeld –
volmaak onder drukpers
van Skepper se ambeeld

Van embrio tot die dood
skommel en rangskik ons
soek eerstens ‘n raamwerk uit
met alle stukkies tog ontbloot

Soos ons in harwar pas en meet
horisontaal, vertikaal maal

Hierdie Herfs

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 13

Hierdie herfs

Paasnaweek is vroeg hierdie jaar.

Maar, nie vroeg genoeg om die aankondiging van Herfs te ontwyk nie.

Sommige slimmes vertel dat Winter die einde van die seisoene is en dat Herfs die vooraand van daardie einde is …

Soos vandag die vooraand van ons Verlosser se lyding is.

Hoe asembenemend is die…

Hoe lag ek nou!

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 11

Hoe lag ek nou!

Twintig jaar en twee hande vol maande gelede, toe die wêreld nog wild en vry was en my borskas nie deel van my maag was nie, het ek en mevroutjie ’n troue saam met my ouers bygewoon.

Aangesien ek nie die mense…

As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 12

oom Frank het gesê
“fly me to the moon
let my play amongst the stars”
hoe het hy geweet
my hart wag vir jou daar
as jy later vandag
tot by die maan vlieg
bring vir my ‘n klippie saam
skryf daarop ‘n liefdesbrief
as jy tussen sterre
‘n…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 142 gaste aanlyn

Bydraes – Argief