Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

klein oomblikke (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2022 5

soms raak my woorde min
en moet ek skryfplek soek
dan vul ek my digtershart
se leë woord-fontein
met die lewe se klein oomblikke
tot dit bor’lend oorloop
my woorde liries laat vloei

en ek raak rustig aan die slaap
gedig en skryf-lier in die hand

lentevreugde (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2022 4

die eerste belowende klanke
van die lente se lieflike lied
laat my ~ heel uit pas
‘n baldadige dansie dans
op die postlude
van die kwynende winter

Blommelicious

Deur Datum gepubliseer: 28 Oktober 2022 3

Woordtelling 631

Dis maar moeilik om oor enigiets liries te raak wanneer jy weens die hoë petrol prys tuis moet bly en saans noodgedwonge by kerslig in mekaar se oë sit en staar. Dis nie eintlik om voor te gee dat jy in jou aftreejare skielik ‘n opwelling van romanse…

konsolasie (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2022 4

die jakarandas
blom weer geil vanjaar
‘n lilafees
vir ons gespaar
bied vertroosting
teen hartsverlange
oor elk’
beminde verganklike

©Driekie Grobler (2022)

Oggendvers (goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2022 7

voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ‘n wens vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt
net ‘n paar woorde
terwyl die maan
nog in jou arms slaap
voor die klam oggend
jou wakker maak
met haar deurskynende asem
en die vrese van gister
jou naam afstof
wil ek hê jy moet altyd…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 129 gaste aanlyn

Bydraes – Argief