Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Strandlopertjie

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 22

tussen gebreekte tinsel
wat oor seestrand spoel
en ‘n gekraakte bloedrooi bal
wat aan die horison hang
het ‘k as verlore
afvlerkstrandlopertjie
oor korrelklip en fyn gebreekte skulp
gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap
hier het ek my sielsvrede…

Bosveldliefde

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 23

daar lê ‘n stilte
in my hart se verlang
na waar graskoppe
wuiwend dans
op die ritme van ‘n somerswind
ver weg van stadsgeluide en klingende geld

hier waar die dors
van my siel ge-les word
in savanna veld onder…

Totale oorgawe

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 25

waar jou asem vlermuis hang soos
‘n snoesig-sag-warm-velkaros
verby die krombuig van my skouer
tas jou vingers soekend in Braille
oor die ronding van my rug
kom gee jy doekvoettreë
oor ounag-spore van maanligtyd
in die helder van ‘n sonskyndag

as…

As ek (1) …

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 18

as ek ‘n lovesong vir jou skryf
en dit vir jou sing
sal jy ‘n strik om jou hart bind
en dit vir my bring

‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 26

my oog druppel
‘n liefhê traan
in die wye oseaan
‘wyl jou asem
minnebriewe
stuur na die sekelmaan
waar dit eggo
op ‘n spierwitduif
se tortelbaan

hoe lank my lief
sal die naglug vra
en die bruis…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 97 gaste aanlyn

Bydraes – Argief