Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Lewenstryd (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 2

Die onsekerheid in vele oë
vind aanklank in menige stem
wat wanhopig skree
teen hierdie stryd se rem

nooit het ons kon dink
óf ons lewe daarvolgens beplan
dat hierdie lot ons sou vind
‘n weemoedsnet om ons span

stil en magteloos
onseker oor die verloop
totaal uitgelewer en broos
verpletter in wanhoop

al word toekomsdrome omvergegooi
bied die lewe nog steeds…

Hulp

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2021 1

waar sal my hulp vandaan kom
my woorde is stom
bring my die vrede
hou my die skrede
in die handpalm
moet nie in Meester talm
die spykers diep geslaan
om ons sonde te beslaan
deurboor is Sy hande
sy liggaam aan bande
vir my en jou
om Hom te vertrou..

Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet

Lewensreis (Silwer) 200 woorde

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2021 4

My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat…

Bettysbaai (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2021 8

Bettysbaai

Bokant Bettysbaai
troon Kogelberg teen die son.
Fynbos wat daar fraai
tussen witklipkronkels blom.

Die skerp geur van geluk
kelk koninklik om jou oop.
Jou hart sal oral waar jy loop
daarvan pluk.
Stukkies afbreek
en stewig in jou…

tweede kans (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2021 3

ek het
gedroom van weer probeer
gehoop op ‘n tweede kans

maar voor ek my stem kon vind
was jou vinger op my lippe

shhh…

en vra jy vir mý
‘n tweede kans

©elmarie nienaber van kampen
30 Mei 2021

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 114 gaste aanlyn

Bydraes – Argief