Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Sprookje

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2022 2

Sprookjé (Brons)

Op die deur groet “Sprookje” my
soos jare terug by pa se huis
die reuk van kos nooi my binne
die tafel is gedek met sagte linne

ek steek ‘n kersie aan vir jou
skink ‘n wyntjie vir die kou
pa se klok tik rustig voort
plaasgeluide kom uit elke oord

die mure hang…

KONFESSIE (goud)

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2022 6

By jou
kon ek nog altyd
die ligbelaaide hand
van die son
oopmond soen
dans in die reen
wilde winde met my kaal hande vang
want ons het weerskante toe geweet
dat ons deur ruimtes sou reis
dat ons groot kon droom
en die weerkaatsing van ons woorde
soos eggo’s sou sweef.

By jou
kon ek nog altyd
sterre uit jou hemelruim pluk
dit…

wys

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2022 3


tussen fynbos en duine
verdwaal my siel soms baie erg
verstaan ek nie altyd waarheen
my lewenspad my neem nie

tussen droë sand en blomme
verwaaide gedagtes van weleer
verval ek soms in die verlede
en oordeel ek opnuut

tussen wysheid en verdwaas wees
lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid
om die pad te herken wat na Hom lei
dit…

Alfabethuis (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 9 Augustus 2022 4

My gedig is ‘n huis
met baie kamers
om in te ek
alle woorde is welkom
om in te kom
want die klok tik die mooiste
as ek gesels op my sagte bed

dís tog híer waar die liefde lê
wat meer wil mens van die lewe hê.

©Zebbie

Eenkleurreënboog

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2022 4

Wanneer my gedagte huiwer
om van my jou te vergeet
sal ons Skepper deur Sy skilderwerk
‘n eenkleurreënboog
as sonstreep op seevel trek
wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop
van helder hoop.

© Zebbie

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 99 gaste aanlyn

Bydraes – Argief