Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

Reënleser (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 13 Januarie 2022 3

vandag die leser weer gesien
in die laat middag
teen uitspantyd
toe die rooi son glim
en die skemer daal
het hy vir hom ‘n wolkboek
uit die hemelrak kom haal

in ‘n warrelwind het hy gekom
hy’t die dunner skrifte weggedruk
en ‘n dik boek beetgekry
hom oopgeruk tot by hoofstuk een
en die voorwoord
met…

Drenkeling

Deur Datum gepubliseer: 10 Januarie 2022 2

Seile in die wind gebol
boeg klief deur bruisende branders
epiese kabaal, loop op koraal
net een drenkeling het die land gehaal

Mensdom plesier gebol
klief bruisend deur die lewe
op pad na ewige verdriet
nog een drenkeling deur genade gered.

@Lenel

Soos die Val van die Dobbelsteen

Deur Datum gepubliseer: 7 Januarie 2022 2

Wanneer sy haar mediese tas vat en begin stap in die rigting van die uitgang, voel sy die rugby bal haar liggies teen die kuit tref. Sy draai terug, sien hoe die hele span in afwagting wag vir haar reaksie, skielik is sy lus om hulle terug te…

Soeke

Deur Datum gepubliseer: 25 Desember 2021 Hou van

Soeke, April 2010

“Ek sal jou ruïneer, ek sal jou verneder, ek sal die wêreld wys die wonderlike Dr. Reza Ciske is niks anders as ʼn siek sielkundige wat haar pasiënt met haar siek persoonlikheid tot selfmoord gedryf het nie.”
Harde woorde wat bedoel is om te raak, en seer te…

Die som van liefde

Deur Datum gepubliseer: 24 Desember 2021 1

Die Som van Liefde
Hy staan laatnag in die deur van haar kan¬toor, blousel blou oë, regop blonde stokkies hare, en die stempel van die jeug op sy bruingebrande gesig.
Sy stem is verskonend, skaam, “Ekskuus om te pla, ek is op soek na professor Checkzkova,” en daar…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 323 gaste aanlyn

Bydraes – Argief