Vandag het ek jou ontvoer
na die heelal van my stiltes
daar waar niemand
ons mymerings kon hoor.
Ek reis dikwels na hierdie plek
(saam met jou… in gees)
waar waanbeelde van ons
mitologiese droombeelde regeer.
Hier tussen die griekse gode
smag ek smoorlik en behoorlik
na die selfkant van jou…