Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

DIE SKEPPING VAN ‘N STRAATVROU

Deur Datum gepubliseer: 13 September 2017 10

in die eerste straat het sy
kaalvoet in knersende koue gestaan –
haar lyf verkoop vir ‘n snotvreter
en couch potato se voortbestaan

in die tweede straat het sy
in bose bottels verdrink
en voor sy omkap
die laaste druppel witblits geskink

in die derde straat
het sy soms oorgeslaap
onder…

Dwaalvuur

Deur Datum gepubliseer: 12 September 2017 10

Ek sou myself vrywillig
om die warm gloed
van jou liefde vleg;
my lippe morfotologies hang
aan elke fonomorfiese woord
wat heuningsoet oor my spoel.

Jou selfs toelaat om
deur die sagkant
van my sonstrale te bars;
om reënboogsplinters te strooi
oor die stofpad van my hart.
Maar nou staar…

Droomverlore

Deur Datum gepubliseer: 12 September 2017 11

In die gleufies van my lewe
lê flentertjies van jou en bewe,
amper het ek heeltemal vergeet
dat jou liefde my bestaan afmeet.

Ek wou
so graag nog
meer tyd saam met jou deel
pampoenpitte vir jou steel
dans in die skadu van…

Ken jouself

Deur Datum gepubliseer: 12 September 2017 13

“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins

Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en
soene wat soos sterre om jou sal skitter;
sy sien hoe jy begeertiglik staar
asof die son, maan en
duisende planete om haar draai;

Eeublom

Deur Datum gepubliseer: 5 September 2017 13

Lente skemer oor gletser-riviere
mits dese ontwinter my hart ook
bietjie-vir-bietjie
ek koffer jou sneeu
groet jou kil-stiltes vir goed
eeukaktusse blom mos eers na honderd jaar
altoos seisoen ek voetstoots vorentoe
deur sidderendsmis, my eeublom in sig.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 171 gaste aanlyn

Bydraes – Argief