Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

Nagboom

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2017 10

Terwyl haar trane
soos herfsblare val
ritsel die nagwind
(sjoe-sjoe-sweep)
deur haar takke
-wieg saggies
(tula-tula)
elke druppel wat val
-ver verby verstaan
v-e-r-g-e-t-e,
hier, onder die
sterre wat
helder skitter
van doer bo.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Ek en jy

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2017 10

Daar is vinkel en koljander
in elke wind wat verander
waar resonansies tussen ons
harmonies deur dimensies gons.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Totsiens vir eers

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2017 15

Snuif-snuif spoeg hy ‘n sandjie,
wyl wind die land stadig versand;
goggas vlug na gate diep, donker,
en dansende luggolwe speel oral.

Als het vergaan behalwe ‘n maan,
wat waghou oor vergete gedagtes
van gister se toekoms vooruitsigte,
hier agter gelaat vir die toekoms.

* * * *

Soos…

Vlamme speel

Deur Datum gepubliseer: 4 Junie 2017 13

In die vlammespeel
Sien ek myself
Droom ek drome
Want sonder drome
Sal ons sterf
En
Ek is heeltemal te jonk
Om op te hou droom
Of  te sterf ……

Die Canon
Wat bulder en vibreer

Soos die inrollende branders
Herhinder my
Aan onsterflikheid

Pachelbell se nalatenskap

Van die ewigheid ….

© F Jansen van Vuuren

Die blom

Deur Datum gepubliseer: 2 Junie 2017 8

voel jy pragtig?
voel jy skaam?
wil jy jouself blaam?
is die las te gewigtig?

vir jou wil ek ‘n lofsang sing
en doen vir my ‘n bietjie guns
jy is ‘n beeldskone Godskuns
lei my tog na jou blomwoning

‘n klein lelike saad was jy
diep begrawe onder die harde…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 156 gaste aanlyn

Bydraes – Argief