Jou stam het wortel geskiet
in die holronde hut van my hart
fyn takkies toi-toi om my tong
gebladert dans jou groen spore
deur die binneruim van my denke
my geestesvrugte deur jou aangekweek.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Jou stam het wortel geskiet
in die holronde hut van my hart
fyn takkies toi-toi om my tong
gebladert dans jou groen spore
deur die binneruim van my denke
my geestesvrugte deur jou aangekweek.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
skarlankenrooi bloeiselbreek my lag
deur die klanke van ‘n nuwe skeppingsdag
verby die natwimper worstelings van gisterdae
wat wou dolosgooi in my hart
benede Hemelse vaandels
reënboog ‘n wedergeboorte
onder hisopstingels wat edik verruil vir wyn
dan bars ‘n drie uur duisternis
oop in die soel songroet van jou vat
terwyl…
Nou dat jou beeld in my maan skyn
(straal-blink oor die wye oseaan)
kan ek my vlerke sprei
om die donker aan te durf
want die soet van jou vingerpunte
hang aan elke glansende golf.
Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal
kan ek waag om vry te vlieg –
Venus…
Augustus se nagblom hang vol in die lug
oor sy wang rol ‘n saffraan traan
tussen my en hom is daar geen brug;
drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ
ek en jy krummel tot stof.
© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
Na alles wat gebeur het
wonder ek nou in my waan,
waar presies ek met jou staan;
jý, vol in jou sekelmaan,
sou my nooit kon verstaan
enkel in my eenvoud
(kompleks in jou duet)
soos gister se son sonder ‘n baan
wentel jy rond sonder bestaan
duister belig…