Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

Ek sal dit onthou

Deur Datum gepubliseer: 17 Maart 2017 21

Langs die pad
in die herfstige gloed
van asemhaling
wil ek nie opgee
wil ek nie verloor

Die bome vlam teen die berg
die herfsoggend is opgevang
soos koel glas teen die wang

Neste roer in die wind
die wit refleksies in die dam
sleur ongesiens onder
‘n wilgerboom in

Roos van hoop

Deur Datum gepubliseer: 17 Maart 2017 11

‘n Roosknop wat groei op ‘n ashoop
sonder liefde sonder hoop
se hart gaan moeilik oop
maar in U lig kry ek dag vir dag krag
om my los te skeur
deur die rommel van my lewe
voort te beur
my weg te vind
myself te wees sonder vrees

NEMER VAN LEWENS

Deur Datum gepubliseer: 15 Maart 2017 17

wees my genadig
as jou lem teen my keel blink,
jy’s ‘n mens nes ek

(C) HMellet

Voor Die Dag Wegsterf

Deur Datum gepubliseer: 6 Maart 2017 14

Liefde het die mag
om állés te word.
Die liefde-deel-tye –
raaiselagtig kort.

Geen hartskas-drom
kan daarsonder slaan.
Dit laat een lewe,
nie net bestaan.

Daarom leef jou liefde
met jou een voluit,
en maak die meeste
van jul saamwees-tyd.

Maak van elke dag
‘n liefdesbederf;
en sê “Ek lief jou”
voor…

Musiek

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2017 20

Jy’s daar as my hart
uit sy kas wil ruk.
Jy droog my trane
as ek hard-op snik.

Jy laat my diep dink,
jy laat my skaterlag.
Wanneer my dag vergrys
haal jy die son uit jou sak.

Jy gee my hoop
as ek nie weet wat nou.
Jy versterk my…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 239 gaste aanlyn

Bydraes – Argief