Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

Wanneer die Koraalboom blom

Deur Datum gepubliseer: 7 September 2021 4

hier waar ek in koel lentelug luier
dwaal my oë oor spatsels groen wat guitig loot
verstar my blik opeens teen skeloranje
wat aan blaarlose takke bot

soos opgepofte verevingers
sprei dit uitlokkend oop
penorent soos kokketielkuifies
wat my oë dankbaar boontoe stoot

en al huiwer winter nog in sug
dring helder die boodskap deur
‘n…

‘n Ode aan my Pa van ‘n Pa

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2021 3

‘n Ode aan ‘n Pa van ‘n Pa

Ek is trots om te kan sê ek is my pa se seun.
Op sy onvoorwaardelike liefde kon ek altyd op steun.
My ou Toppie se liefde en trots was soos sy hart, eg en reg.
Seer is dit diep in my hart, ek kan…

Eierkelk

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2021 1

sag eierkelk my gedagtes heen
daar waar die rus na waters lei
waar geen traan dit meer kan keer
soos ‘n waterval strompel na onder
met die hoop dat waters sal val
daar waar mens en dier
die hongerpyne nie kan keer

oorvloedig smeek ons U weë
tastend voel ons die droë aardkors
die donker tye sugtend…

Met laaste groet …

Deur Datum gepubliseer: 25 Augustus 2021 4

Met laaste groet …

was winter reeds in jou oë
bar en gestroop in afwagting
met slegs laaste herfsblare
as afskaduwing van wat vroeër was
bros en uitgedroog, geërodeer deur erosie
wanhopig gelym aan brokkies genade

hartseer het my blik hoopvol gespeur
na beduidenis van nog ‘n seisoen
of lente weer oor moeë takke sou bot …

Draai van ‘n seisoen (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2021 1

“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …”
Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 741 gaste aanlyn

Bydraes – Argief