Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
TERRORISME
TERRORISME OOR DIE HELE WÊRELD [Hierdie stuk is al vyftien jare oud, maar dis grotendeels netso aktueel soos destyds. Ons moet net ‘n paar name uitruil – en dis vris en nuut: Trump in stede van Bush en May pleks Blair en die aantal jare verander. Of hoe? Buitendien het ek nog ‘n stukkie agteraan […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
1900
van heinde en verre klink sweepslae op verkenners hou dop saans onder sterre bittereinders vasbyt naelbyt bloed-oorlog geen kos by ‘n trog geen vreugde-jolyt tuis is daar nie meer verskroeide opstalle donker bloed walle honger mae negeer net veg en voortgaan bloed skenk vir volk sny skerp soos dolk tyd vir voortbestaan duisend nege-honderd splinters […]
Liewe Vincent
Wat van jou laaste brief geword het, weet ek nie verseker, maar sou ek jou afgesnyde oor om ‘n gesellige tafel, in my sakdoek kry, waar sou ek wees en wat sou dit aan my doen? Miskien sou ek ook deur jou wolkblomme sweef en my traanspatsels in blou kringe oor jou sonneblomme verf, of […]
Konsentrasiekamp Simbool
Konsentrasiekamp Simbool Bethulie 1899 – 1902 Mossiedos en Vaalpens sit op die klip, baljaar … wip sit, wip-sit-glip hul tussen bossie en tak, bring hoop voor die oorlog end – flikflooi op die stuiwer se blad en sit prentjie mooi op die sent. Vroue van geloof sê : “Jesus sorg vir voëltjies” – “Is twee […]
Sagte blou oë agter ’n goue raam bril
Dit was ’n warm somersdag en die twee periodes net voor tweede pouse. Ons standard 4 klas (graad 6 vir die millenniums) moes ’n uur lank in die Afrikaanse klas sit en goed leer waarvoor ek nie eintlik omgegee het nie. Tog, ons opdrag om iets oor ’n Afrikaanse digter te skryf, het ek met […]
Kxao praat oor sy dag
Kxao praat oor sy dag (ʼn San Epos. Ons bevind ons by ‘n vuur van die Khwe stam, Kxao vertel van sy dag. !Xo is tradisioneel die San se opperwese) Julle kinders van Khwe wat sit hier rondom die vuur kom luister na Kxao, want ek wil vir jul vertel van my dag word stil […]
Namakwa roep
my heimat vlak roep waar windpomp skarnier en kraak meerkat orent tuur stofreën manna tussen genadebos sif en daisies plaat pronk tot waar die einder bronsrooi en stofpad tot by ou Klaas daar naelstring ek diepwortel kremetart aar namakwakênd bloed #Pofadder is vernoem na ‘n ou “Koranna hoofman – Klaas Pofadder”
LEIPZIG
LEIPZIG As tiener het ek van ‘n man gelees wat daarvan sou geleef het dat hy aan elke kompetisie met pryse in die koerante, tydskrifte en radio deelgeneem het. In altwee tale, maak nie saak wat die prys was nie. „Een of ander tyd moet mens mos wen,” het hy gesê, „en hoe meer ek […]