ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
Regie in ROLPRENTE
Regie in MODERNE ROLPRENTE [Deel 1 van 2] Iemand het op ‘n tyd gesê, „Die filmregisseur is díe mens wat ons die meeste manipuleer! Hy sê ons waarheen ons moet kyk en hy versteek die dinge wat ons nie mag sien nie agter die kamera.” Dit wil sê, as jy gaan fliekkyk, laat jy toe […]
Resensie: ‘n DORP SIEN SWART, die film
‘n DORP SIEN SWART, die film Weereens twee inleidings: I. Europa word oombliklik deur vlugtelinge só oorloop, oorvloed dat sommige mense reeds sedert geruime tyd roep, „Die boot is vol, die boot is vol! Soek ‘n ander strooihalm voordat ons ook kenter!” Lidstate wat weier om die Europese riglyne in ag te neem, word voor […]
op my vurk
my siel sweef weereens wyd oor golwe van gedagtes noord en suid tussen vure wat brand op paaie swart jil barbare en dans hul dodedans vinnig versprei rookwolke nou trek in misbanke oor duin en see swart met blitse wat kartetsend blink terwyl mense saggies ween en skuil vlugtelinge sonder draad of klere staan verdwaas […]
Kindertyd
Kinder-tyd Die prêt as kind vat my terug Enola Gay speel af soos ouds in moeder se Opel kersfees in Bloem dwergies wat lewendig word snags piek-niek onder groot wilgerbome army mannetjies plaas diere alles lewe stofpaaie albasters fietsry plakkers versamel swem en ski jou hond jou beste vriend boomhuis roomys en netbal jou knieë […]
as jy dromme hoor
laatnag se taksiegeluide soos dromme oor duineveld klink soos stemme van dooies wat optrek in stryd teen doderyk so klink stemme van oral op in land waar dromme slaan – vure brand opruiende toesprake regeer diep ondermaanse drang na vore tree in grynslag wat oor dae versprei maande se onteer respek is verloor vrees is […]
Gedempte Seer
stil en alleen op sy eie manier oordink hy die seer binne hom geen meer gevoel sy hart basuin dit uit as ek kon, sou ek anders wou wees die seerkry van jare in ‘n verkeerde sisteem van wereldse eise afgedwing het sy tol geëis oorlog was gemaak en ‘n siel is geknou later jare […]
Tafereel
Het ek my net die prent verbeel: Die gloeilamp wat die nag verdeel – in skadu wat die haard* omring en oor die stoep, ‘n geelligkring. Wit mure en ‘n dak van sink wat vaal’rig in die sterlig blink, gordyne agter skemer ruite, ‘n sekelmaan aant wieg daarbuite. Die wind wat deur die bome ruis […]
Goudstad – Egoli – Stad van Goud
soos goud in die mond dou voor dag kom ‘n stad in beweging en oproering blink die oggendson plek plek deur met geskarrel op sypaadjies elkeen oppad na hule bestemming groot triomfeer gebou op gebou doolhof van gange en stegies slaan die koue deur om elke hoek gemaklik kom almal oor die weg maar iewers […]