Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Roulik genoeg

Deur Datum gepubliseer: 11 September 2021 Hou van

soet sappige leuens
van heuning woorde
en verklapte vals geheime,
wie is jy ooit?
weet jy ooit?

jy is verblind deur
skitterende nutteloosheid
al wat jy benut is die
tydelike stukkie geluk
wat jou leë seer siel
vas plak vir ‘n ruk

hoekom kruip jy weg,
jy steek jou kosbare hart weg
jy is bang, jy het seer,
netnou gebeur dit weer
so drink…

Deur my herinneringe

Deur Datum gepubliseer: 2 September 2021 3

Jou stem is stil
jy het weg gegaan sonder om te groet –
geen laaste drukkie of ‘n laaste glimlag
jy is net weg …

ek dink baie aan jou
as ek stilte soek in die donker nag
tussen my gedagtes en die klop van my hart
as ek lank genoeg soek
vind ek jou tussen al…

Pandemie

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2021 4

onverwags soos ‘n monster
het dit ons kom bekruip
soos ‘n slang in die nag
donker adder geslag
hangende in die lug
waar niemand iets kan sien
ver verwyder van mekaar
met maskers word ons
glimlagte verberg
geen glimlag ooit meer te sien
donker het die gedagtes geraak
terwyl baie hul menswees verloor

in ons huise moes ons bly
werke is…

Afskeid

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 4

Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede…

Kaalgestroop (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 3

vanaand pluk die wind
ongenadig aan my sielswand
stroop ‘n laaste brosblaar
uit my teer gemoed
bemantel tekens misgekyk
voor die laaste blaar se val
laat my kaalgestroop hink
voor ‘n nuwe seisoen wat wink

©Driekie Grobler

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 125 gaste aanlyn

Bydraes – Argief