Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Valentynsliefde in blom.

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2016 11

Ek maak jou die hof
dat ons kan dronk word van die lof
want dit is valentynsliefde so rof.

Romanse op sy felste
is ʼn ongevraagde fetus
verander dit in ʼn vete.

Wie is nou
die vermaledyde skurk?
Is almal nou…

‘n helderpienk gedig

Deur Datum gepubliseer: 19 April 2016 16

daardie dag waarop jy dood is
was Matsikamma aan die blom
oor die rantjies en die rûens
tot onder in die laagtes
waar kuile in valleie kom

die pienkste kandelare
het gebloei deur sand en klip
en dat iets so mooi verby moes gaan
was veels te hoog vir my begrip

maar daardie herfsdag – toe jy dood…

Ou Gekraakte Hart..

Deur Datum gepubliseer: 17 April 2016 13

Gekraakte hart,
vanaand raak ek van jou ontslae.
Ek soek liefde,
ek soek weer ware liefde in my lewe.
Jy gaan my nie keer nie,
God het vir elke pot ‘n deksel gemaak,
en myne is oppad ek glo dit,
en vanaand heel Hy jou, ou-kraak.

Jy sal…

Enkel drenkeling

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2016 9

Winde en storms
het ‘n verbleikte seil
laag, halfmas laat hang
wyl trane van gisters –
versteen op ’n wang

Op soutsproei wieke
van die winterswind
sweef ’n seemeeupaar
as hul koggel eggo –
drome verder verslind

Al dobberend die drenkeling
nader mistige horison
op selfgemaakte skuit

Voëltjies vergeet

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 21

oor die dor van Vrystaat vlaktes
huil die winterwind – so skraal –
weer ritselend deur pluime gras
in rou gekleed, en vaal

‘n koester vlieg steeds weer en heen
alsó deinend is haar vlug
oor gister sal sy nimmer ween –
in elke droom vind ek dit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 197 gaste aanlyn

Bydraes – Argief