Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Kaja

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2016 16

Sy staar verlangend na die rook wat haar herinner aan die digte mis op haar berg in die Kaap. Sy verlang so vreeslik na die baai en haar meeue. Die wit sand korrels roep haar terug uit die agterstrate van die plakkerskamp waar sy nou woon.
Dig op mekaar staan…

Dis sulke doef-doef geluide.

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 16

Vrolike
spierwit skoenlappers
smash
een vir een vir een
v i r e e n
teen my windskerm
en skiet
gate in my hart.

@ Anria

Liefde se voetspore

Deur Datum gepubliseer: 8 April 2016 14

In die reënwoud se klam
het twee voetspore gehang
in die watte van groenmos
afgeêts, vasgevang

In die wolke se blou-grou
kon soet spookasem- wind
gedagtes van gisters
stokkie-taai verbind

Met grys gruispad se grof
stapel klippe reeds gekou
tussen kosmos daarneffens
wieg weelde – beelde onthou

Onverstaanklank van woorde.

Deur Datum gepubliseer: 8 April 2016 13

Tussen die dorre stoppels van onmagwoorde
dwarrel daar dwarrels in my om nie te kan sê
wat die verdiepte musikale akkoorde
van my hart se klop voor jou voete neer wil lê.
Maar, my hartlam, onthou jy nog die maan se skyn,
die weggee van sy goud as glorievolle pand
en ons beloof om liefwees…

Hoe glo jy in liefde

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2016 12

Hoe skryf jy van liefde
as jou hartmure bloei
oor distels van glisters
waar geen rose meer groei

Hoe lig jy loodswaar hoof
na die goudstraal van son
as jou hele wese ween
oor – as dit maar net kon

Hoe hoor jy die geroep
van tortelduif…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 198 gaste aanlyn

Bydraes – Argief