Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Voor die laaste dag se herfs.

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 15

Ek huil in my binneste, vloei trane deur my gemoed
dat ek jou dalk nooit weer sal ontmoet.

Met rooi gehuilde oë soos die rooiste eik,
tot al die blare val na hul verderf,
voor die laaste dag se herfs,
kaal gelaat met geen trane in my oë…

Drie dekade boek

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 16

In ’n drie dekade boek
vol ritmiese ratwerk reëls
bly antwoorde steeds soek
want die hoekoms en waaroms –
spel die toekoms se daaroms

Vergeelde blad vir blad
is souttraan deurklad
elk’ liewe paragraaf
met wysvingernael –
reeds suf geskaaf

Die rugkant erg verweer
tot die agterblad makeer
party blaaie is uitgeskeur
maar die boek bly behoue –
vir môres se bittere koue

Sou jy raak kon raai

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 20

As twee verrimpeld’ ou hande
bloubleek oorkruis loop lê
sou jy dan raak kon raai
wat ek onder die wilger wou sê

Ons deurtrap tweespoor voetpad
langs die oer-roes windpomp
dan steil op teen die rant
my hande in joune gekelk
toe jy jou hart aan my verpand

Moeder

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 12

In die hande van my Moeder
Word alles skoon voltooi
Met sagte kwas se hale
Maak sy mens en alles mooi
Het sy die foute uit  gehaal
Met hart en sinvolle daad
Van negatief tot skilder skoon
Tot portret mooi foto kloon
Dit was die werk van haar hande

Drome is bedrog …

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 14

as drome waar was, was jy nou hier by my
en sou ek my teen jou bors kon vly
as drome waar was het my oë geblink
en sou my gedagtes vonkelwyn skink

as drome waar was, was my hart nie seer
en sou ek nie kon wag…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 321 gaste aanlyn

Bydraes – Argief