Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Die Hond (Vir Sammy)

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2022 3

Die Hond (Vir Sammy)

My liefde was vir jou, ounooi.
en was so sterk en eg.

Opreg het ek geloop en lieg,
oor jou pantoffels wat net weg.

My gees en hart was goed, ounooi.
en al my bedoelings edel.

Maar nou wil jy nie meer na my kyk,
selfs sou ek staan en bedel.

Lank gelee in…

Papierhart

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2022 4

Papierhart

jou wankelhand se skribbels
is met deernis en liefde georden
sodat ons saam
mooi herinneringe kon skryf
met begrip prettig versier
om só die wêreld se onreg en seer
sinvol te verdryf

toe (onverwags) kom ‘n stormwind
ruk met ondeurdagte woord en daad
jare se saamskryf los
frommel dit onbarmhartig op
en smyt dit argloos eenkant neer

nou wonder ek
of…

konsolasie (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2022 4

die jakarandas
blom weer geil vanjaar
‘n lilafees
vir ons gespaar
bied vertroosting
teen hartsverlange
oor elk’
beminde verganklike

©Driekie Grobler (2022)

Veto (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2022 4

ek het my hart
aan jou ontbloot
maar jy het dit
nonchalant geminag
met ‘n passante handveeg
(sonder medelye)
my emosies verklaar
as onwaardig

©Driekie Grobler

Oggendvers (goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2022 7

voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ‘n wens vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt
net ‘n paar woorde
terwyl die maan
nog in jou arms slaap
voor die klam oggend
jou wakker maak
met haar deurskynende asem
en die vrese van gister
jou naam afstof
wil ek hê jy moet altyd…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 189 gaste aanlyn

Bydraes – Argief