Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Nare ontwaking – Goud

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2022 15

Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom
het jy jou lyf styf teen my aangevly
jou mond het my liefkosend verlei
en smagtend meegevoer op ‘n droom;
my weerstand het skaamteloos begin skroom
soos jy my hart oor die afgrond lei
wyl jou lippe sag oor my naaktheid gly
het begeerte my beheersing deurstroom

maar skokkend seer was…

EK VERLOOR

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2022 10

EK VERLOOR
(Brons afdeling)

Wanneer niks wat ek was
meer is wat ek dink nie
en dit wat ek dink
net nooit meer reg klink nie

wanneer frases en woorde
eens melodieë was
maar nou afkolk in spirale
van sin(ne)lose verhale

en ek kop verloor dat die trane rol
en niemand besef ek raak innerlik hol
soos my siel…

Liefde sterf

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2022 4

Goue trane val oor haar bleekwange
die môreson se lig flenters gegooi
seer gebosseleerde letsels in rooi
bring ‘n bitter brose sielsverlange

as sy net weer die vuur in hom kon plaas
sou liefde nie ‘n laaste asem blaas

Teenstryd (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 5

Soos ‘n vlietende ewigheidswese
moes ek soms my hande biddend om jou vou
net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou
omdat ek jou lief wou hê sonder vrese

maar my mond was vol letsels en vlekke
en jy tussen hier en nou op ander plekke.

© 9/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Spoed: Die moordenaar op ons paaie? Meningstuk – September 2021 Silwer 347 Woorde

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2022 1

Ons nader weer die mal seisoen. Almal moet mos see toe. Pa en ma neem hulle jaarlikse vakansie verlof omdat kleinboet, of sus, se groot skoolvakansie oor Desember val. Die motor is gepak en almal suiker see toe. Die gevreesde N3 snelweg verander oornag plek-plek in ‘n skrootwerf…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 75 gaste aanlyn

Bydraes – Argief