Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hemel

DIE OPSTANDIG VAN JESUS

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2021 4

DIE OPSTANDIG VAN JESUS

Opstanding van Jesus
Ons genade lê in HOM
Ons moet net in Jesus glo
In die graf en opstanding glo
Jesus vaar na die hemel daarbo

Die Heilige Gees maak Ons sag
Vergewe Ons sondes elke dag
Hy getuig van enorme krag
Ons Sing en juig elke dag
SY Koninkryk maak…

JESUS SE OPSTANDING

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2021 5

JESUS SE OPSTANDING

Christus se opstanding
is van kardinale belang
die groot gebeurtenis
bevestig ‘n getuienis
‘N groot belewenis

Meer as enige ander
het HY, die mense verander
dat Hy, die Seun van God was
EN deur die Vader gestuur was

Hom deur die Vader gegee was
wat deur Sy Vader aanvaar was
Alle sondes is nou skoon gewas
en,…

ʼn grote het gegroet – Jimmy Abbott

Deur Datum gepubliseer: 22 Maart 2021 4

ʼn grote het gegroet – Jimmy Abbott

op 11 Mei 1959 gebore
in Johannesburg die grote stad
woonagtig aan westekant
in voorstad Newlands
arm gebore en getoë
‘onder die broodlyn’
kos was ʼn luukse

kaalvoet die pad na skool
kindjie-voetsole deur klippe
gelooi – seerste seer
as pouse aanbreek
skuil jy: Jimmy in die
hitte van die klas
om broodjies te…

Alleen Tyd

Deur Datum gepubliseer: 11 Februarie 2021 9

sterre staan stil
die moment van op kyk
in ń koue winter nag,
teen die spoed van lig
skiet hulle egter
werklik weg.

voete staan platform stil
op moeder aarde
stut my kop altwee,
ń stamp teen klip
ontplooi egter dolle spoed
van struikel val.

as werklikheid oopruk
skree elkeen sy eie nood
oor klippe die sterre in
die roep verskiet
as gesmelte
klip.

Ongetiteld

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2021 8

My skatlief,
al was die afskeidneem pynlik
na jou enkele heenreis
deurklief’ n swerflusvoël die kleurryke lug
bowe die blou see se driespelgolwe
en steek sy kop onder sy vlerke in.

Zebbie

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 77 gaste aanlyn

Bydraes – Argief