Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hemel

Nagboom

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2017 10

Terwyl haar trane
soos herfsblare val
ritsel die nagwind
(sjoe-sjoe-sweep)
deur haar takke
-wieg saggies
(tula-tula)
elke druppel wat val
-ver verby verstaan
v-e-r-g-e-t-e,
hier, onder die
sterre wat
helder skitter
van doer bo.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Ek en jy

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2017 10

Daar is vinkel en koljander
in elke wind wat verander
waar resonansies tussen ons
harmonies deur dimensies gons.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Herfshart

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2017 8

Onthou jy die eerste keer
wat ek besef het
my laaste woorde
vir jóú
het opgedroog;
jou laaste glimlag
het ook na stof gekeer
toe die eerste haan
drie maal kraai.

Onthou jy hoe herfs
haweloos gehuiwer het;
voor hy sy verkleurde vingers
om jou hals kom hang het —

Gabriel se lied

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2017 16

Sy kyk hoe hy wegstap
(die wind uit haar asem slaan)
‘n hele orkaan tonnel om hulle:
grys verkleur na wít
die heem’le gil sag
terwyl Gabriel
sy vingers oor ‘n harp streel.

“Hoor my lied
elke woord is uit
suiwer goud gegiet.”

Sy sien hoe haar hel
transformeer
toe hy,…

In blye verwagting

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2017 14

Half deurskynend breek die dag
onder ‘n sekelmaan wat sag lag
gedagtes embrio
in haar prenatale kop,
ongebore woode
vlek haar denke —
(egalig en rasionaal)
drup deur haar doudagdrome
dis hier waar haar
stiltes vrede baar;
eggo’s nalaat
wat realiteite
vol asem blaas,
want met Sy genade
kan…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 261 gaste aanlyn

Bydraes – Argief