Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hemel

Lied van die wind

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2017 15

Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind
noudat my stem stilte soek
sodat ek woorde kan vermenigvuldig
(omdat)
bloed deur my are druis
(want)
die lewe is soos ‘n lied
wat vasgroei aan tyd
om warm klanke
teen die heelal te hang
(sodat)
ons ook kan sing

Geskenk van God

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2017 19

Want my lewe het in haar siel ontwaak
(God se offerlam aan elke kind)
sy het my gelei, geleer gesond gemaak
vir my geveg, gebloei en gehuil
op die ritme van haar liefde
dans ek deur my bestaan
my erfenis in my bloed
‘n eenheid wat kind sal ken

Digter

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2017 17

Woorde soos dié het my omtower
êrens in ‘n ewigheid verban
na die waters van Bethesda
waar letters
soos engelvlerke om my flap;
my tydloos horison
oor ‘n ewenaar van enigmas.

Selfs in die nanag
dwaal my gedagtes
om die smal poorte van woorde
om halfrym en volrym
tot verse…

Dis die rede

Deur Datum gepubliseer: 15 Mei 2017 10

Dis die rede

Meteens vee sy haar skaduwee
oor die oog van die reënboog
kaleidoskopiese kleure skeur deur haar;
goudgeel saffier vou om haar sielswoud.

Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans
dag en nag baklei vir lewensprag
verkennend deur die weg van goed en sleg
net om te stol…

Dagbreek

Deur Datum gepubliseer: 15 Mei 2017 15

Tjirpend ontwaak dié dag
koer-jie-oee groet die son
die nag verander in blou
sal
jy
onthou
om vandag jou arms om my te vou
tot die volheid van tyd
onsterflik aan ons klou.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 96 gaste aanlyn

Bydraes – Argief