Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hemel

Sê Net Dankie

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2017 18

‘n Baba wees gelaat.
‘n Boemelaar honger op straat.
En dan het ons nog die “cheek”
om soms te kla.

‘n Kindjie afgeknou.
‘n Lyfie seer en blou.
En dan voel dit of ons
soveel berge dra.

Kom ons wees net dankbaar.
Wees eerder net dankbaar.

Kom ons sê eerder dankie,
dankie…

die see roep

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2017 15

elke druppel elke traan
elke stroom elke spruit
kronkel slinger riviere
vrolik lag die stroompies
kabbel en singend
van ver al gefluister
hoe nader die branders
hoe sterker die stroom
vinnig vloei die water
hoe luider dit dreun
hoe luider gedruis
hoe nader gedreun
groter en groter die vreugde

storm en vrede

Deur Datum gepubliseer: 23 Januarie 2017 12

wie praat met ‘n stem diep soos die donder
soos ‘n leeu wat brom en brul?
wie kom in die nag sluipend stil soos ‘n dief
sy vuurwaens in hul glorie op die wolke!

wie verlig die wanhoop van nag soos ‘n weerligstraal!
wie roep oorwinnings eggos uit vanaf die…

Klipdas – warm

Deur Datum gepubliseer: 18 Januarie 2017 14

Oor die donker koue water
in die sagte gesuis van sandstorms
oor ‘n goue woestyn
verf die maan silwer strepe
oor die grondpad
na die strand

Waar derduisende skuimende skerwe
water oor die sagte wit skulpstrand stoot
breek ‘n brander
met ‘n oorverdowende gedruis

Al nader kom die vloed
wat sag oor die koud neersak
en die horison
wat onder ‘n hemelhoed wegraak

Hoor…

Heilige ibis*

Deur Datum gepubliseer: 10 Januarie 2017 13

Die son kom op net waar sy wil
en wys haar mooiste kleure
oor Blue Downs* en Driftsands* se duine.
Sy strooi haar gloed oor wilde tuine
wat weinig meer as sand en boegoe is.

Sy steek haar kop deur rook en mis
en vly haar skoonste lig oor roet en as –
dáár
waar net gister…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 206 gaste aanlyn

Bydraes – Argief