Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hoop

Skryf iets positiefs

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 8

Skryf vir ons iets positief

Iemand wat ek ken stel die ander dag voor dat ek iets positiefs moet skryf.

Deur die klompie jare wat ek die lus en leef van die griffel van gedagtes en gevoelens en ervarings as perdjie sonder stok beoefen, kon ek nog nooit my gedagtes regtig…

As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 12

oom Frank het gesê
“fly me to the moon
let my play amongst the stars”
hoe het hy geweet
my hart wag vir jou daar
as jy later vandag
tot by die maan vlieg
bring vir my ‘n klippie saam
skryf daarop ‘n liefdesbrief
as jy tussen sterre
‘n…

Nou weet ek tyd is baie Kosbaar…. (Carpe Diem – Gryp Die Oomblik)

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2016 13

Tyd het so vinnig verby gevlieg,
pappa, ek en jy het mekaar heeltemal te min gesien.
Ek dink aan al die kere wat ek langneus ontwikkel het,
ek het baie vir pa gelieg,
ek wonder ook soms hoe kon ek so goeie pa verdien.

Ek sou eerder laaste goeie oomblikke saam met pa wou…

Waterspoor van ‘n Wildegans

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2016 12

teen die oewer van die horison –
daar waar die son bloeiend in
skakerings van karmyn
asemloos sterf –
trek die vlug
van ‘n verdwaalde swaeltjie
donker strepe deur die lug
verby die dowwe skyn
van Venus se lig

Waar meteoriete verskiet

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 16

as jou oë deur die ruimtes
van my heelal spoed
om die stand van
my hart te bepaal
waar dit vas geanker hang
aan die goudgeel maan
dis dan wat meteoriete
deur my are gloed
om iewers in die dieptes

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 126 gaste aanlyn

Bydraes – Argief