Die betowering van eerstehands
Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]
NUWEJAARSBELOFTES
NUWEJAARSBELOFTES geskryf deur Fanus Strydom terwyl klappers kompeteer met knetterende braaivleisvure en vuurwerkpyle vlietend oorhoofs slinger borrel haastiggemaakte besluite en kraaknuwe beloftes net betyds soos gister se jaar helaas weer vonkelnuut dog ondeurdag en ydelwaar by mense en bottels se oorgulsig oopgebreekte bekke uit terwyl ek iewers tussen sterre en middernag se donker dronk met […]
DEURBRAAK
DEURBRAAK Geskryf deur Fanus Strydom 1246 woorde Vanuit die slaapvertrek hoor sy haar roep waar sy in die voorhuis besig is om vir die vrou ‘n kommetjie sop te maak. “Tsk…tsk…tsk…” klik sy peinsend haar tong, terwyl sy stadig roer aan die pot op die vuur voor haar. Sy besef haar tyd kom vining nader. […]
Lien se veilige hawe.
Lien se veilige hawe. Lien Meiring skud haar platinumgrys krulle agteroor en glimlag tevrede. Hier waar sy op die voorstoep van haar huisie in die woud sit, klink die woudgeluide soos ʼn vrolike koor op. Die sonneblomme dans op maat van die wind, hulle bars behoorlik uit die grond om die son se strale te […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]
Die vreugde van samesyn.
Die vreugde van samesyn. Samesyn kan gesien word as die warm tevrede gevoel om saam met ander mense te wees wat gemeenskaplike belangstellings deel. Om bloot net saam te wees in ʼn groep, verseker egter nie samesyn nie. Wanneer ons gedagtes en belangstellings met mekaar ooreenstem ontstaan daar ʼn gees van eenheid wat ware samesyn […]
Spore van samesyn
Spore van samesyn Vasgekluister in ’n ouetehuis tru-spieël haar oë angstig traan-staar verlangend hoopvol na spore van samesyn om in haar raam te verskyn luister … hoor … sien … elke spoor van samesyn opgewonde in die raam verskyn máár haar raam bly leeg geen spoor of stem of glimlag vul haar raam van samesyn […]
Doodmoeg!
Doodmoeg! Hierdie tyd van die jaar ervaar die meeste van ons dieselfde probleem: die doodse moegheid! Ongeag of jy student, werkende grootmens of bejaarde is, die moegheid bekruip jou ongemerk hierdie tyd van die jaar. Onder leerlinge en veral die matrieks wat gereedmaak vir die finales eksamens of universiteits studente hoor jy dieselfde klagte: “Tot […]
Die Kaapse Klopse.
Die Kaapse Klopse. Almal in Suid-Afrika en veral Kaapstad is vertroud met die jaarlikse skouspelagtige Kaapse Klopse. Klopse is ʼn woord wat afgelei is van die Nederlandse woord: klubs. Die onmenslike gebruik van slawerny was ʼn wrede werklikheid wat in die Kaap bestaan het van 1653 af, in die tyd van Jan van Riebeeck se […]