Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Humor

Ou bokke

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 7

Ou bokke smag ook soms
na ‘n grasgroen blaartjie;
en hulle pluk net die hoogste doringpeule
(oud maar nie koud nie)
steun hul lywe teen ‘n kokende riet
sal olie op hoë golwe giet.

As die geestesgesondheid-blaartjies begin val

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2021 7

Ons sit langbeen en kiertsregop op die vloer en luister na die eentonige stem van die instruktrise. “Lift your arms high above your head and take a deep breath innnnnn and outttttttt – phwwwwww. Again. Deep breath, releasing all resentment and anger”. “I am in love with my life.”…

Die nagspook se kuier. (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 18 Julie 2021 7

(713 woorde)
Hierts! Jou nagspook! Soos ‘n vallende klip tref ek die gang se vloer met ‘n hik. Ek probeer paniekbevange my oë soos ‘n verkleurmannetjie rond te draai, terwyl my neus die vloer geselskap hou. Ek waag dit nie eers om asem te haal nie, nét vir ingeval. Na…

Die meisie met die platform skoene

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2021 3

Dit is so die middel van 1970’s. Ons woon op ‘n plaas so vyftien myl of 24 kilometer vanaf Ladismith Kaap. My oudste broer Willem is in Standerd 9 of soos hulle deesdae sou se Graad 11. In die week maak my ouers en die bure beurte om…

My erfenis

Deur Datum gepubliseer: 18 Junie 2021 3

“Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar ons wortels bly as een.” Hierdie gepaste gesegde het my oog gevang toe ek op oom Google se inligtingsplasie gaan rondkuier.
Daar word nie verniet gesê: “Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie.” Ons…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 622 gaste aanlyn

Bydraes – Argief