Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Humor

insomnia

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2020 5

.
na-nag slapeloosheid
oumens-siekte vertel die wat weet
my duin weerklink van vrolike lente-stemme
geen verlies aan slaap vir die prulle jeug
laat-slaap saam met laat-gaan-slaap
is eerder my oumens-aktiwiteit
.
©Teárlach

gedog

Deur Datum gepubliseer: 24 November 2020 10

.
ai, die gedog word ‘n gedrog
in goedertrou maak jy foute
om sommer iets aan te neem
daarop te reageer is net bog
.
reëls bly mos altyd reëls of nie
daarsonder word jy ‘n diktator
sommer wydsbeen oor alles
en almal trap en aanstoom
.
oor my…

Bloed kruip, water loop

Deur Datum gepubliseer: 23 November 2020 8

Bloed kruip, water loop

My broers is saam my deur dik en dun,
al praat ons soms maar min.
Wanneer ek hul wolkpos met probleme,
is hul gou op, met hul ondersteuning

Ek`s ouer as die ander drie
en tweede is langste van vier.
So is daar `n tweeling,
stoutste van…

omte

Deur Datum gepubliseer: 20 November 2020 4

.
in die omte van my duin
lewe daar vele seediertjies
krappe, spinnekoppe en skerpioene
nou wat het hul met seediere te doen
om by die strand te kom moet jy oor hulle
verby hulle en soms voor hulle uit loop
die omte van my duin het ook ander

Oupa pa en die denneboom Silwer (699 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 17 November 2020 5

Vir die wat my nie ken nie, ek het ‘n groot fobie. Daardie vet boepens mannetjie met die rooi jas en die paashaas. Nee, nie ‘n fobie nie, ‘n renons. Elke haartjie in my nek vlieg penorent wanneer daardie twee dit in my rigting waag.

“Wyk satan, terug warmplek toe…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 109 gaste aanlyn

Bydraes – Argief