Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hunkering

Pêrels van Trane

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 1

Interteks van Vollenweider “My cup runneth over”

Pêrels

‘n Boepenskoppie oorlopens vol
vreugde, blydskap, geluk of liefde
open die vensters van my hart
laat pêrelspoortjies oor my wange loop:
“Rain in the cup of my life
Drops of rain in the cup of my life”.

‘n Weemoedswind wat hartseer waai
as lewe sy verkeerde kant na my toe…

Ontsluit die poort na jou hart (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 4

O, beminde van my …
ontsluit die poort na jou hart,
lei my oor blaarbedekte voetpad
weg van sinlose liefdesmart.

Ontbos die toegerankte skanse,
sodat jou oog weer opwaarts gly
oopbars deur loofkruin,
na hitte van die son.

My versugting resoneer klankloos
deur ons liefdestuin se windstiltes,
slinger na vasklou om verdorde takke,
waar my beminde in afsondering rus.

In…

Teleurstelling (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 2

Ek stap die pad sleepvoet swaar
want die huppel in my wandel
het teen versetberg verstar.
Waar eens sonskyn en vreugde was
lê nou slegs ‘n paar korrels as.

©Driekie Grobler

God is daar

Deur Datum gepubliseer: 14 November 2021 4

God is daar
in die stilte van die nag
met donkerte omring
en slaap wat wegkruipertjie speel.

God is daar
as retoriese vrae oor lewensbesluite
woer woer met my gedagtes speel
my vrede in more steel.

O Heer,
maak my geloofsoë en ore oop
dat ek U kan sien en hoor –
ek wil nie net weet U is daar
maar…

‘n Ou verhaal

Deur Datum gepubliseer: 10 November 2021 1

Dis amper weer die einde van die jaar
met gemengde gevoelens, en jou geduld is op
moeg van werk, moeg van die malligheid om jou
mens wil net wegkom van alles af.

Dis November maand, kersbome begin flikker
beurtkrag, petrolpryse dit al’s voel of die land
besig is om in duie te stort
maar moenie perspektief…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 730 gaste aanlyn

Bydraes – Argief