Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hunkering

Afstand

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 21

Twee riviere loop paralle teen my wange af.
Alles gebeur so vinnig.
Dae vlieg, ure verdwyn in die niet.

Reën loop in klein riviertjies dwarsoor my ruit.
Alles gebeur so vinnig.
Bosse gly verby en die pad krimp met elke sekonde.

Elke nuwe kilometer skeur
die gaping…

Masogis

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 19

Ek slaan myself met jou woorde,
sny my polse met jou herninneringe.
My hart word deurboor met jou glimlag
en ek sak dan inmekaar
met die ontnugtering van
jou afwesigheid

Nugter

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 23

Ek bly eerder
sonder dop en in my dop,
as wat dop my ‘n mens maak
wat nie buite ‘n dop hoort nie.

Arende

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 16

Ek wil nog eendag saam met die arende vlieg,
Vergeet van sommer nou en net daar wees,
Alles klein onder my,
Klein en vêr maar steeds nog daar.

Ek wil nog na alles kyk asof vir die eerste keer,
Miskien die laaste keer,
En soos ‘n jong kalf…

Afgevalle roosboomblare …

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 23

in afgevalle roosboomblare
lê alleenheid afgeëts
niemand wat hul geur meer inasem
of hul mooiheid in woorde skets

soos die afgevalle roosboomblare
voel my menswees sonder jou
geen warm liefde wat oor my straal
of sagte hande wat my hart omvou

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 143 gaste aanlyn

Bydraes – Argief