Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hunkering

My brief vir jou. (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2021 3

My brief vir jou.

In die tye waarin ons leef, kan ek jou vinnig kontak op e-pos of sommer ʼn sms na jou stuur. Dit is egter nie die manier hoe ek vandag met jou kontak wil maak nie. Nee, ek gaan vir jou skryf – ʼn regte brief met…

TOEGANG VOORBEHOU (goud)

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2021 10

Laat jou sluier val
as middelaar tot my lyftaal
laat ek verse oor jou ploeg
oor die naak velde
van jou oorbegroeide gedagtes
laat my toe om in jou binnekamer te dans
die warme weerstand van jou duistenis te betas

laat my liggelowig langs jou sit
in die stilte van jou wreedste storm
omnagtelik die donker ure…

Liefde breeksels (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2021 8

so in sy omdraai-omkyk
val die dag in kleine breeksels
amper soos stukkies van skrapnel
skuifelend en beurend
uit die skadus voor die son

al die afgelegde liefdes
lê in kamers van verleentheid
van eergister en gister
en kyk huiwerend afwagtend
na die vroëe uur wat kom

wag vir elke brokkie liefde
wat die nuwe dag…

Jy

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2021 11

JY

Sal jy ooit weet hoe ek voel,
wanneer jou naam oor my lippe…

Liefdesvloed

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2021 3

trek oop die sluise
van jare se retensie
sodat bruisend kan tier
‘n liefdesvloed

meesleurend in ekstase
na onbekende loop
om jare se hegtenis
sielvol te ontsluit

sodat droë beddings
versadig kan word
met ongekende behae
my verhef tot najade

en ek stil, tevrede
meandries weg kan vind
na gedeë spoeling
vir vredevolle sielsrus

©Driekie Grobler (2021)

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 71 gaste aanlyn

Bydraes – Argief