Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hunkering

Heldebeelde (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2021 4

daar’s blomme wat deur mymering in kosmokraters blom
en uit seisoene wat verjaar het se koesterkelders kom
wat teen berg en dal kalmerend pantoene skep oor tyd,
waar die reuse en die helde hul rusmomente slyt

hul dade van vergange hou in stories ‘n verhaal
van ongeloof en hulde wat die hordes oor hul…

Reis na binne

Deur Datum gepubliseer: 16 April 2021 6

my oë blouer blou in hul soeke na self
met elke verbygaande dag ervaar ek dit meer intens
want ek vind my nie meer in die wind se waai nie
nes sonstrale as ek in skaduwee staan het sons’ hitte op my vel verslaan
die gange van my gedagtes eggo slegs die stiltes…

Asemlose denke

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2021 5

in afwagting se bleek
lê die kim asemloos, ongeverf en grou
in die skadu’s van die eerstelig (op die
sonbraaksels – van oker, oranje en rooi) en wag

begin om só nuwe dwarshoutpaaie te soek
want gebreekte stiltes het ook ‘n doel
splinterglas kan tog ook skitter en skyn en –
donker dieptes…

In Ocean Basket (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2021 15

In Ocean Basket

Sushi is vis. Dood en rou.
So ook jy en my verlange na jou.
Ek eet alleen aan die groen goed
met die naam wat ek altyd vergeet.

Dit slaan my asem weg

en brand ‘n pad af in my keel:
amper so intens as die seer
om te weet dat ek jou naam
straks…

Wou (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2021 13

Wou

ek sou jou graag wou liefhê

ek’s spyt om dit nou kras te sê
ons was vir mekaar bloot nodig
(dit besef ek nou –
t’rugwerkend gebeskou)

so trane is oorbodig
nou wat jy finaal jou rug draai
op wat ons saam gesaai
(én saam verdraai)
het

net
(gun my dit tog maar sê)

ek sou jou graag wou liefhê

©ASvdMerwe

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydraes – Argief