Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Huwelik

WRAAK MY LIEFDE (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2021 12

Die konsep van liefde word totaal misverstaan. Of laat ek liewer sê: meestal verkeerd geȉnterpreteer deur meeste mense.
Dalk is dit net ‘n kwessie van verskillende opinies oor die uitvoer daarvan, maar hoe dit ookal sy, liefde is nie ‘n teorie nie, dis ‘n daad.
Hoe baiekeer hoor mens nie Sê…

Liefdesvloed

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2021 2

trek oop die sluise
van jare se retensie
sodat bruisend kan tier
‘n liefdesvloed

meesleurend in ekstase
na onbekende loop
om jare se hegtenis
sielvol te ontsluit

sodat droë beddings
versadig kan word
met ongekende behae
my verhef tot najade

en ek stil, tevrede
meandries weg kan vind
na gedeë spoeling
vir vredevolle sielsrus

©Driekie Grobler (2021)

GENOOIDE GAS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2021 21

Die tafel staan gedek
skarlakenrooi tafeldoek
met ‘n witkant oorhangsel
swart kerse weerskante
toonkleurige lapservette en
silwer messegoed
netjies langs die borde
op die plekmatjies gepak
gebakte skaapboud, stomende aartappels
‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte

sy sit aan
kyk na die muurklok
vat solank ‘n slukkie wyn
en wag vir die laaste maal
vir ‘n man
wat nooit weer
sal opdaag…

Troudag (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 21 Januarie 2021 5

ek hou vir jou ‘n boesemblom
diep hier in jou wegloopkis
vol verskans teen windverlange
hoopvol in haar soekerus

soos rooiwyn in ‘n vaatjie lê
wag blomkind hier vir jou
al mooier elke wegblyjaar
vir die dag wat jy kom trou

A Fourie (Seirdna)
2020.12.10

Liefdeslas (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2020 14

Een Korinthiërs dertien teen jou yskas
as aanklag van die liefdeslas:
teen jou selfkastydende standaard
staan hul liefde wat in misbruik ontaard.

Ek is bly jy is hier.
Kom, ek skink jou nog ‘n bier.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 2 529 gaste aanlyn

Bydraes – Argief