Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

liefdes oomblikke

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2022 1


die oggend ster blink in jou oë
sonstrale kleur jou vel in pastel
jou hare blink in goue strepies
my hart versag, ek adem jou in

oor jou skoonheid heers vrede
gedagtes rimpel oor jou aangesig
nooit eentonig maar tog gedweë
verdiep my hart se wense saam

lang skadustrepe vestig geheue
laatmiddag grys in herfs kleure
plooi jou aangesig…

Woordbloeisels (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 2

Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin
omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf
want daar is niks wat ons van mekaar kan erf
al moes ons as ‘n bystelling oorbegin

maar ek sal jou in my mond ewig vasboei
want daar is geen keer as woorde ons laat bloei.

© 9/2022 Caren Kearley
FB:…

Teenstryd (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 1

Soos ‘n vlietende ewigheidswese
moes ek soms my hande biddend om jou vou
net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou
omdat ek jou lief wou hê sonder vrese

maar my mond was vol letsels en vlekke
en jy tussen hier en nou op ander plekke.

© 9/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

lewenstempo (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2022 1

lewenstempo

die lewe: goed gekomponeerde lied
die groot Komponis se note verskyn
eers sag in tempo wat dan snel verdwyn
andante andante pas aangebied

hoe ouer jy word hoe vinniger is
die melodie van die lewe gewis

©Marlene Erasmus
28/09/2022

rein

Deur Datum gepubliseer: 27 September 2022 3


ek is ‘n kindjie klein
in my koppie is daar nog ‘n skoon brein
selfs die trauma en klanke van geboorte
kleur nie die skoonheid van my onskuld
waar sal my eerste sonde dan wees
ingebore en in sonde ontvang
en nie so rein gebore
of lê die waarheid
dalk meer oppervlakkig
nader aan die vlees van my…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 100 gaste aanlyn

Bydraes – Argief