Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Beskore

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 18

die gesoute psige se dorstigheid
soos die herdersfluit se melodie deur tonnels van rede,
‘n armdruk teen aanslae van begoëling
met ‘n drang om die soete waterbron te vind –

daardie borrel-spruit wat akkers van die hart oorspoel,
wat blink klippers nalaat in drukgange van verganklikheid –
‘n…

Versoek van die graf

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 16

Versoek van die graf

daar’t ook eenmaal
lank geleë koningsblou
tulpe in my irisse geblom
dit was die dae
toe die son nog
(ongerep)
tinte oor my vel
kon trek –
die geur van nartjie
in my ruik ontplof

DONDERDAG: Klippe

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2016 13

Moenie die hoop klippe doelloos aankyk nie:
oorweeg, wie kan jy daarmee gooi!
Persiese spreekwoord

Magenta dae

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 10

Strate hol getree van honger
verdig teen menslike natuur,
moerbei besmeerde polse skree om vryheid,
versugting wat gil vir meer.

Die koningskleed van nag draal taai
aan deurweekte sonlig-krae,
impulsiewe lag meer gedwonge
gerafel teen lila some.

Rooivonk klou teen baksteenmure
gesmee teen verlede skryn,
die kreukeling van eendagskoon-winde
wat puur ruimtes kloof om hoeke en
nokke se oorhang pyn.

‘n Kalandergeelhout…

Elkeen ‘n legkaart

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 9

Elkeen van ons, grys of in dons
besit glashelder voorbeeld –
volmaak onder drukpers
van Skepper se ambeeld

Van embrio tot die dood
skommel en rangskik ons
soek eerstens ‘n raamwerk uit
met alle stukkies tog ontbloot

Soos ons in harwar pas en meet
horisontaal, vertikaal maal

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 133 gaste aanlyn

Bydraes – Argief