Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Die sneltrein.

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2022 5

Die sneltrein.

Sneltreine is ʼn tipiese passasierstrein wat ʼn baie hoër spoed as ander tradisionele passasierstreine handhaaf. Verskillende lande het verskillende standaarde, in die Europese Unie is dit byvoorbeeld treine wat 125 – 200km per uur of vinniger reis, in Verenigde State is dit treine wat 90km per uur…

waarom? (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2022 4

waarom?

waarom leef ons, hoe hou ons ons besig
pret of eer – alles ʼn gejaag na wind
geluk in aardse dinge sal jy vind
is tydelik, vrede bly afwesig

soek nie sin in die tydelike goed
slegs by Hom kry jy regte lewensmoed

©Marlene Erasmus
30/09/2022

Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2022 4

As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd…

liefdes oomblikke

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2022 2


die oggend ster blink in jou oë
sonstrale kleur jou vel in pastel
jou hare blink in goue strepies
my hart versag, ek adem jou in

oor jou skoonheid heers vrede
gedagtes rimpel oor jou aangesig
nooit eentonig maar tog gedweë
verdiep my hart se wense saam

lang skadustrepe vestig geheue
laatmiddag grys in herfs kleure
plooi jou aangesig…

Woordbloeisels (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 8

Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin
omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf
want daar is niks wat ons van mekaar kan erf
al moes ons as ‘n bystelling oorbegin

maar ek sal jou in my mond ewig vasboei
want daar is geen keer as woorde ons laat bloei.

© 9/2022 Caren Kearley
FB:…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 99 gaste aanlyn

Bydraes – Argief