Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kinders

AMETIS

Deur Datum gepubliseer: 15 Desember 2016 15

“Ametis” het jy gesê

toe rinkel klank
soos klippieklokkies
deur my lyf
en kleur my wêreld pers en violet

en op daardie oomblik
breek die dag se grou
en word ‘n vonkeluur
vol lank gelede se onthou.

*

Pa leun teen die deurkosyn
in sy hand, ‘n bruin kardoes.

Ek laat die steentjies tuimel

Wat kyk Mamma?

Deur Datum gepubliseer: 15 Desember 2016 14

Ag, ek kyk maar deur die ruite
na die blou lug en die wolke
ek kyk sommer na die bome
en hoe die winde daardeur waai.

Ek kyk weer na die teerpad
en die lamppaal voor die huis
die tuin (wat bietjie droog is)
en na die kiewiet en die…

Saphira en die Skikgodinne

Deur Datum gepubliseer: 12 Desember 2016 16

Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop ongeduldig op en af in die gang voor die gekerfde dubbeldeure. Deure wat lei na ‘n biblioteek wat sy nie mag binnegaan nie. Vir die beste deel van twee dekades irriteer die feit dat net ‘n MacKeltar die biblioteek mag ingaan haar grensloos. Angus…

Verby die berge blou (slegs vir kleine kinders)

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2016 17

Êrens
op ‘n ander plek,
verby die berge blou –
daar waar dit maar selde reën,
maar darem tóg
so dan en nou –
woon ‘n kleine, kleine meisiekind,
(haar hele lyfie, koperbruin).

En elke oggend, laterig
– sodra die hete son verskyn –
sit sy voor haar huisie

SPOOKASEM

Deur Datum gepubliseer: 7 Desember 2016 19

jy maak jou vas
jy bind jou los

ek wys vir jou
Karoo se bos,
die lang gras van die Vrystaat
en hoe Namakwaland kan blom

ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap

*

in jou elke dag se wakker wees
– selfs ook in jou slaap –
lief ek elke…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 169 gaste aanlyn

Bydraes – Argief