Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kinders

Die ware boodskap agter Kersfees

Deur Datum gepubliseer: 7 Desember 2020 4

“Juffrou … Juffrou!” klein Petro steek opgewonde haar handjie in die lug.
“Ja, Petro-lief?” teer raak Santie aan die blonde krulkoppie wat met soveel vertroulike opgewondenheid na haar opkyk.
“Ons gaan Kersfees ‘n nuwe bababoetie kry!” kondig sy met kinderlike trots aan.
“Hoe weet jy dit?” vra Petrus nuuskierig.

Uitgeput (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2020 15

Uitgeput

Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn:
daardie vaag omskrewe plek –
nóg skouer, nóg nek.

Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn
en peinsend probeer peil
wat presies haar só opkeil.

Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn.
Want het beide van ons nie tog maar geweet nie:
verlange is geensins ‘n…

Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2020 6

Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas.
In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan…

Die kersboom van my hart

Deur Datum gepubliseer: 18 November 2020 4

“Dolverlief,” het my ma gesê
toe ons saam onder die sterre lê …

die knusheid van ons samesyn
broei herinnering in my gemoed
van soel somersdae
se luilekker ontspan op die stoep

oor jare het ons vermeerder
‘n kroos van drie plus sewe
vrolike familiekuiers om die kerstafel
met kinderlag besprinkel…

Oupa pa en die denneboom Silwer (699 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 17 November 2020 5

Vir die wat my nie ken nie, ek het ‘n groot fobie. Daardie vet boepens mannetjie met die rooi jas en die paashaas. Nee, nie ‘n fobie nie, ‘n renons. Elke haartjie in my nek vlieg penorent wanneer daardie twee dit in my rigting waag.

“Wyk satan, terug warmplek toe…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 119 gaste aanlyn

Bydraes – Argief