Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kinders

GEBED VAN ‘N MA VIR HAAR VOLWASSE KIND

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2016 9

Al kan ek jou nie meer,
soos lank gelede,
aan my boesem hou,
kan ek nog steeds,
in die gebed,
my arms om jou vou.

Onthou om te huppel (vir Klarissa, met haar 21ste verjaardag)

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2016 17

Huppel over berge en heuwels
volg die kronkelpaadjies
wat oor veld en vlaktes vurk
en hurk langs die spikkeleier van ‘n bloukraanvoël.
Kyk, dit lê op barre aarde
tussen klippertjies en gras.

Skulp die kuiken van ‘n kolgans
in die holte van jou palms vas
voel hoe sag voel veredons
as jou vingers daaroor streel

en selfs die sekretarisvoël
sal…

Mamma se kaggelvuur

Deur Datum gepubliseer: 10 Junie 2016 21

mamma wie sit daar op jou skoot
my handjies is blou en dit kraak
buite huil die windjie se hart
hy weet ook jy is lankal dood

die takke wat krap op die dak
klink kwaad vir stoute winter
die blommetjies het net gevrek
en miere maak nes op die rak

maar binne dans die kaggelvuur
met lekkend’…

Daar was ‘n mossie in Parys (vir Natalia ~ lente 2015)

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2016 19

die lenteson kruip weg, my kind
die wind waai koud, ek weet
die wolke lyk na reën, my kind
maar laat ons nooit vergeet:

die witste lelies kelk deur modder
die hardste klip slyp tot diamant
en die mooiste, mooiste sterre
lê tussen ruwe rotse op die sand

Wat kyk Mamma?

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2016 13

 

Ag, ek kyk maar deur die ruite
na die blou lug en die wolke
ek kyk sommer na die bome
en hoe die winde daardeur waai.

Ek kyk weer na die teerpad
en die lamppaal voor die huis
die tuin (wat bietjie droog is)
en na die kiewiet en die kraai.

Ek kyk tot waar die wit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 731 gaste aanlyn

Bydraes – Argief