Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kinders

Die vrug van jou skoot

Deur Datum gepubliseer: 7 Mei 2016 10

Mamma, toe ek klein was
was ek soos bloeisels vir jou oë
ragfyn sag en kneusbaar broos
in perskepienk en appelkoosblomwit
wat ontbloot aan naakte takke sit
swanger aan belofte
lentegeur en hoop.

*

Mamma, hier in Meimaand
hang my perskeboom se blare
so herfsdor aan hul…

Bagasie kan vervang word!

Deur Datum gepubliseer: 1 Mei 2016 10

Dis pure blatante verwaande breë-bors trots wat my dié ding laat doen. Sy was van die begin af, nog voor geboorte al, in yster gegiet. Dis soos die Here haar gemaak het. Geskep het. Volgens plan. Sy plan, en ek het daar niks mee te doen gehad nie. Genadiglik.

Fluweel gordyne

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2016 17

Agter toegetrekte fluweelgordyne
Oorspronklike skilderye wat hang
Tree vir tree oor persiese tapyt
Goue raam om die massiewe spieel
My eie gestalte omring met weelde
Alles in oormaat met smaak geplaas
Antieke meublemente perfek op plek
Elke ornament met die hand gekies

Die twee Susters

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2016 8

Lank gelede is dit al – daar het ‘n gesinnetjie geleef: Pa, Ma en twee liewe klein dogtertjies. Hulle was welgesteld en het aan niks geskort nie. Altwee, die Ma en die Pa was besorg dat hulle kindertjies net die beste sou kry, net die gesondste kos en fynste…

In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding.

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 10

Episode een.

Vanaf die dag wat ek sinvol gedagtes kon begin saamvoeg en bewaar en al die sonsondergange sedertdien, was daar ’n voertuig van die een of andere aard wat haarself binne-in, of ten minste baie naby aan, die kern van elke gebeurtenis en ervaring kom neerplons het. Die ander…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 114 gaste aanlyn

Bydraes – Argief