Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kuns

Dagdroom sindroom

Deur Datum gepubliseer: 11 September 2021 1

ek wil praat
maar my mond voel swaar
en woorde te lig om uit te dra
vir die wind wat als weg waai

stilte klou aan my stembande,
soos klitsgras aan ‘n wolkombers
snoesig en warm is die stilte,
maar tog is daar ‘n gekrap en prikkel
oor iets wat ek self nie verstaan

rustigheid waak oor my,
soos…

Geheg aan God

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2021 1

Sy wat verliefderige blikke
na my kant toe werp
my hart nés ‘n tikmasjien laat werk
met haar staan ek heelwat sterk

al maak haar handwerksteek
‘n heuninggraatpatroon
steek sy nie ‘n dun naald
in die Skepper se oog nie
nogstééds met die stik van godsdiens

sy eet haar Bybel, haar Brood, haar beskuit

neem…

Sandsketse(silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Mei 2021 6

l
y
n
in die sand
hy skugter nie;
stok in h
a
n
d
verweef hy met sy sporadiese
omwenteling
in duine wat brand,
lyne in die s
a
n
doelgerig-
teken ek vir jou Van Gogh
se helderblou strepies son

©Morné du Preez.

Jaloers Musiek

Deur Datum gepubliseer: 21 Maart 2021 4

adagio* maat
te stadig
vir dans

adagio ma non troppo*
regverdig
nou dans

staccato forte*
dans jaloers
alleen

* Musiek terme wat stadig (adagio), nie te stadig nie (adagio ma non troppo), skerp en kragtig (staccatto forte) as uitvoer instruksies aan musikante is.

Optel woorde(silwer)

Deur Datum gepubliseer: 15 Maart 2021 5

my bokkie sy wil dans vanaand
my bokkie sy wil raas vanaand,
my bokkie sy klink nes ek
sò ewe ‘n gek;
my bokkie sy mag maar bloei
haar krale oor my gedates strooi;
kom ons mors vanaand
oor myse leë witvloer,
sy sê moenie te gou sluimer
of te vinnig mymer-
sit ‘n dotjie op die i
let wel…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 146 gaste aanlyn

Bydraes – Argief