Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kuns

Nuwe Mode

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2021 4

in jeans
wit tekkies
blou hemp
standaard aangetrek

kleure skommel
vry om lywe
vermeng in gesellige
standard vertoon

waarboel klere kleure
mengelmoes beweging
ń nuwe mode gier
in disharmonie

staan eenkant
die rem en skakelaar
van waarde
is belaglik deurmekaar

oikos

Deur Datum gepubliseer: 6 Maart 2021 7

uit openbare wildernis
het my huis sy plek
gevind op ‘n duin
woorde hul
oikos
gevind
waar risiko
gulsig verslind
die algoritme
van my
siel

©Teárlach
(oikos verwys na huis of blyplek)

Woordmaker (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2021 7

op my werkstafel uitgestal
lê vele wroeggende woordskatte
subtiel oorweeg en uitgesoek
maar heellaas, te lig bevind

voorbeelde van diamant, robyn en saffier
fyn geslyp, afgerond en blink poleer
geklassifiseer as kosbare woordjuwele
geïnspireer deur meesters van weleer

ek wonder of ek ook beskik
oor dáárdie skeppingsvaardigheid
om skoonheid en duursaamheid
in blywende woordjuwele te set

my digtershand óók…

Aan Freesia

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2021 4

Soveel as my lieflike hart kon verlang,
wil ek blomme in beddinkies vir haar uitplant
vérweg saam haar stap
op ‘n wydlopige blinkogiespad;
hand aan hand.

Zebulon Kochk
Zebbiekaans
(Brons)

Vaarwel

Deur Datum gepubliseer: 30 Januarie 2021 9

My skatlief;

al is die afskeidneem pynlik,
ons onafskeidelik aan mekaar verbonde

na jou enkele heenreis
deurklief ‘n swerflusvoël die kleurryke lug

bowe die blou see se lang driespelgolwe
en steek sy kop onder in sy vlerke.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 326 gaste aanlyn

Bydraes – Argief