Vrolike
spierwit skoenlappers
smash
een vir een vir een
v i r e e n
teen my windskerm
en skiet
gate in my hart.
@ Anria
Vrolike
spierwit skoenlappers
smash
een vir een vir een
v i r e e n
teen my windskerm
en skiet
gate in my hart.
@ Anria
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel vernietig.
Ek sny jou
met my warrelwinde
en maal jou gedagtes fyn.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel verpletter.
Ek breek
jou hoë mure af tot op die grond
en laat jou weerstand verbrokkel.
Ek is die storm wat binne jou woed
waarvan jy…
Ek weet ek smag na die passie
en die hunker
die verlange van voel
terwyl ek moet lewe
om te strewe
na vrede en rustigheid
maar ek soek
die seer van (te) lief wees
en na die vraag binne jou
wat…
al wat hy vra is die Kgalagadi
gee hom net die stof en die sand
vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin
en die grou van die lug bo ‘n rant
stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes
met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk
al…
My gebroke siel
( wat vol fyn krakies
wat gebreek
en halfhartig gelas –
wat haar beste probeer het
om heel voor te kom
maar steeds
in stukke was )
het geheg
die dag
die oomblik
toe ek jou
die eerste keer hoor sing het
– jou stem
die passie in jou stem
die voel
die verlange
die seer –
jou stem het my
(siel)
opgetel en elke stuk…