Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Liefde

Plaaspad Soen

Deur Datum gepubliseer: 24 Julie 2022 1

ń grondpad kronkel
deur oop veld
oppad na boerebeskuit
en soet winterkoffie

die sitplekke vou
warm om bene boude
in die luim
ń vry atmosfeer

harte stop
lippe stamp seer
in dié eerste wintersoen
sonder sonde rede

oor winterveld
flits gevaarligte
die gemeenskap nooddienste
is daar om die pasiente siek te verklaar

Woordstring

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2022 1

Met die vaste geloof van God
wil ek ons liefde string
woorde inryg na jou hart
my alfabet laat soetklink
met verse vatbaar vir indruk.

© Zebulon Kochk
#zebbiekaans

VERGEEF OM TE VERGEET

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

STERK STILTES (BRONS AFDELING)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

STERK STILTES (BRONS AFDELING)
(persiese kwatryn)

Honderde jare het alreeds verloop;
helde het dikwels hul siele verkoop;
dinge het sedertdien so verander,
tog het die mens nie verleer glo en hoop.

Op die water het sy hom weggesteek
en die farao se spul wette verbreek:
die profetiese koms moes voltooi word –
sý was die een…

Seën (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 17 Julie 2022 1

reëndruppels wat op my wange beland
is soos teer soene van ‘n hemelhand
as ek my oë sluit en intens luister
hoor ek serafs hou ons liefde instand.

© Zebulon Kochk
Zebbiekaans

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 169 gaste aanlyn

Bydraes – Argief