Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Liefde

ek pateet

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2022 3


my binneste verbrand
in bewustelike skuld gevoel
beskaamd staan ek voor die troon
dekades van verrotting en blaam
vreet my kern wese en bestaan
tot sinnelose geraamte
en tog..
is daar die advokaat
wat juridies daar staan
wat duidelike voorspraak
vir my die pateet maak
my telkens vermaan
en ook vertroos
Hy die parakleet

©Teãrlach

Binnelandskap

Deur Datum gepubliseer: 29 Junie 2022 4

Binnelandskap

Dis 11 Junie 2022
die plaaswerf is spierwit vanoggend
en ek dink by myself, neewat
die seisoene is nog mooi in plek
al is aardverwarming op almal se lippe
en op hierdie koue wintersdag
moet ek groet, ons geliefde grond
hier waar my wederhelf se spore lê
hier waar ek geborge voel
nooit sou ek kon dink
dat hierdie…

Plotseling

Deur Datum gepubliseer: 29 Junie 2022 4

Gradering: Silwer
Woordtelling: 342
Brenda swerf maar so bolangs oor die lewe. Sy het geen doel of missie om iets te bereik nie. Dominee het gesê in die Bybel staan “Alle vlees is gras.” Nou sien sy nie hoekom sy moeite moet doen om te lewe nie. Vir wat sal sy…

*Winterwoorde (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 4

Wanneer my heimweehart
in die ryptrap van ‘n winterlandskap
neffens jou kanniedood-liefde verslaap,
tref-trap dankgedagtes gou,
euforiesie spore van onthou, wat
ramifiseer in die drasland van lojaliteit
waarin jou liefde toegewyd
onkreukbaar en immergroen
oor ons eenheid troon;
rotsvas geanker –
deur dik en dun
ewig getrou.

*Akroniem

Wees van my wees (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 6

wees,
my vlees
vlamkers waskombers
om my naakkoud toegevou,
my kaggelvuur
waardeur hartklopdans se knetterbrand
wintergees buite hou,
my rooiwyn
in warm-aar verleiding
tot my dor(s)weesglas vol vloei,
in verlangekyk kindverstout
hartspoor na buite
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
ons beskore

ek vra jou

bloot

wees …

Elizabeth

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 147 gaste aanlyn

Bydraes – Argief