Die nostalgie van die noodlot
skilder beelde
oor gister
en
wasem hier voor my
teen die ruit op
die stad se liggies
flikker dof
pers-blou
soos my gemoed
hoekom moes jy
so skielik groet
ek
mis die reuk van kampvure
en kitaar snare
en…
Die nostalgie van die noodlot
skilder beelde
oor gister
en
wasem hier voor my
teen die ruit op
die stad se liggies
flikker dof
pers-blou
soos my gemoed
hoekom moes jy
so skielik groet
ek
mis die reuk van kampvure
en kitaar snare
en…
Ek het vandag vir jou ….
‘n ry spore in die seesand gestap
Elke spoor het gesë
… jy woon hier in my hart
Tussen berg, boom en klip
en laat middagson hitte
wat golwe op die grondpad gooi
hoor mens die gesing
van voëls gereeld.
Hier is loeries en arende
en as die geluk na jou kant toe waai
mag jy dalk ’n valk sien.
Ja, my grootword is in die Bosveld
… al verlang my hart na die see
en saam…
Kom deel my karossie as die koue wind sy arms om jy bind,
Kom deel my karossie by die plof-bars van kleure by my doringhout se vuurtjie.
Kom sit by my as die dag druipstert voor die nag wegdraf,
En die winter se ys honde by jou kom…
ek wil my siel
in konfetie snipper
sodat my wees
soos ‘n Lotusblom
statig voor jou
oë ontvou
(om jou elke hartswens
so te vervul)
dan in die koel skadu’s
van jou hart
wil ‘k immergroen