Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Mans

Resensie: Die film, Ek en Kaminski

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 13

MET DERTIG is jong mense wat pas ‘n universiteitsgraad ontvang het gewoonlik trots op hul prestasie en dikwels eersugtig. Sommige ly onder selfoorskatting. Menige, nie alle nie, word bekrompe, arrogant, skrupelloos in hul poging om na bo te streef. Mense kan, soos hulle oud word, al hoe milder word,…

Ek ken jou soms

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 24

Wie is jy?

Wese waarvan ek droom –
meerman wat bly by die see
en nooit skroom
om grepies uit sy dag vir my te gee.

Jy kom lawe my roos woestyn
met die teerheid
van ñ gentleman ‘s touch
wat rakelings die ruwe rots

Deesdae se vrae (Onbeantwoord)

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 12

Geen gedagte-stilte
is meer in my mal kop te bespeur
wanneer jou stem knus lepel
in my oor kom lê.

Ek het weer op planete begin wens
die melkweg se sterre getel
want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens
saam al die ander wat kordaat regop staan
om…

Gedagtelose strande

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 13

In gedagtelose oomblikke
Poison Ivy jy
om die golwe in my brein

vat jy my hand
mosselskulp dit toe in joune

wys jy my
jou droomland se strand

vat my sagkens
om my middel
daar waar my rug
soepel buig

dan lei jy my
jou seestrome in
jy, my meerman
en ek, jou meermin.

Vir ‘n prinses

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 14

punt jou tone teen die blou
kyk hoe luv die winde
jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra

en as ‘n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra
soek diamante in sy oë
vra hom of hy glo
in die liefde

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydraes – Argief