Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Musiek

Klank Grens

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2022 13

pylstele
hang aan ses drade
biltong stukke vasgehak
met vreemde punte,
klankloos
droog in die wind

vasgevang op papier
die musiekstuk
note strak gerankskik
sit draad,
voëls op hok
sonder enige sang

sinapse spring
hamertjies kap
perde hare krap
koper lippe klap
papier notasie na klank
biltong ledemate dans

Nessun dorma (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 28 Januarie 2022 7

‘n Onbekende prins wil sy naam betuig
nietemin sal geen sag slaap;
‘n stem streel die kykende sterre
oorwinning, oorwinning helaas!

Die tafereel is geset vir komplot
soos ‘n gehoor die nag in betoor
en wyn klink en skink
voor dagbreek sal die prinses almal bedink

nostalgies soek elke oog en oor
tussen ritsel en tenoor
hoe sal die…

Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 26 – Die Einde

Deur Datum gepubliseer: 16 Desember 2021 7

Hoofstuk 26 – Van hier tot in die Hiernamaals

ʼn Week later wanneer hulle vier rustig na middagete in die sitkamer sit, weet Zuluika, sy en Mauritz kan hulle troudatum vandag bepaal, al die twyfel is weg. Sy weet sy wil Mauritz ook nie meer elke aand sien wegstap van…

Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 25

Deur Datum gepubliseer: 16 Desember 2021 7

Hoofstuk 25 – Die Som van Liefde

Die wag op die lughawe met haar hand in die van Mauritz, en Cordier wat op sy skoot sit, is vandag gestroop van enige vrees, net gevul met ʼn wonderlike vooruitsig om haar moeder te sien, haar warm liefde teen haar te voel,…

Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 24

Deur Datum gepubliseer: 15 Desember 2021 7

Hoofstuk 24 – Die Laaste Vergifnis

Mauritz staan vasgenael agter die kantgordyn, ‘daar is lig in haar huis’, en hy bid hardop, ‘Here laat dit sy wees asseblief’, hy hardloop die berghang af, en wanneer hy die stoeptrappe opspring voel hy haar teenwoordigheid aan. Hy draai om, kyk na die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 174 gaste aanlyn

Bydraes – Argief